Gebaseer op a ware verhaal, word Die Verbrande Lyk oorspronklik in 1934 uitgegee. In die klein dorp van Evaskroon in die Karoo, kuier Jan Slink, vader van beroemde speurder Jims Slink, by sy vriend Charles Lamson, die magistraat van die distrik. In die verstikkende hitte van ’n somersaand kry hulle berig dat die verpleegster Mev. Dageraad in ’n bisarre ongeluk in haar vuurherd dood gebrand het. Maar was dit rêrig ’n ongeluk? Jan Slink dink anders.
Christiaan Louis Leipoldt is in 1880 in Clanwilliam in die eertydse Kaap-Kolonie in Suid-Afrika gebore. Hy is beroemd as een van Suid-Afrika se mees vooraanstaande digters en toneel-skrywers. Saam met Jan F. E. Cilliers en J.D. du Toit, is hy bekend as een van die voorste figure in die Tweede Afrikaanse Taalbeweging. Leipoldt het ’n groot verskeidenheid van belangstellings gehad: hy het romans, gedigte, toneelstukke, kinderboeke, ’n reisjoernaal en selfs kookboeke geskryf. Leipoldt sterf in 1947 in Kaapstad.
Only logged in customers who have purchased this product may leave a review. Log in now
What others are saying
There are no contributions yet.