Die Heks is ongetwyfeld een van die grootste toneelstukke in die Afrikaanse letterkunde. Dit speel af in 1425, tydens ‘n tyd van heksejag, die toneelstuk sentreer rondom kardinaal Ysaye D’Orilla, genaamd “Die Hamer van die Hekse”; wie se taak dit is om die streek van hekse te bevry. Die heks Elsa en haar dogter Janetta is gevang en dit is die aand voordat hulle op die brandstapel verbrand word. Elsa en die Kardinaal deel egter ‘n verlede, wat ‘n tragiese liefdesverhaal openbaar.
Christiaan Louis Leipoldt is in 1880 in Clanwilliam in die eertydse Kaap-Kolonie in Suid-Afrika gebore. Hy is beroemd as een van Suid-Afrika se mees vooraanstaande digters en toneel-skrywers. Saam met Jan F. E. Cilliers en J.D. du Toit, is hy bekend as een van die voorste figure in die Tweede Afrikaanse Taalbeweging. Leipoldt het ’n groot verskeidenheid van belangstellings gehad: hy het romans, gedigte, toneelstukke, kinderboeke, ’n reisjoernaal en selfs kookboeke geskryf. Leipoldt sterf in 1947 in Kaapstad.
Only logged in customers who have purchased this product may leave a review. Log in now
What others are saying
There are no contributions yet.